Maak dit regtig saak of Jesus letterlik uit die dood opgestaan het? Gaan JY eendag uit die dood opstaan? Lees die aangrypende verhaal van Ferdie Mulder en die NG Kerk ...
Sedert veral die jaar 2000 is daar voortdurend debatte in Suid-Afrika oor of Jesus regtig uit die dood opgestaan het, en of dit nie eerder as ʼn metafoor verstaan moet word nie. In hierdie boek neem Ferdie Mulder gelowiges op ʼn agter-die skerms reis om beter te verstaan hoe hierdie saak tot onlangs toe by top universiteite verloop het. Hy vertel aangrypende, maar ook skokkende verhale van sommige studente se ontnugterings, dosente se uitsprake, en ook die kontroversie rondom die gewraakte petisie waarin ʼn groep studente Jesus se liggaamlike opstanding bely het. Mulder, die inisieerder daarvan, is uiteindelik deur die NG Kerk verbied om predikant te word, en is ook lewenslank geskors van Tukkies se Fakulteit Teologie nadat hy tydens dissiplinere verhore skuldig bevind is.
Hierdie boek is nie net ʼn uitdaging aan die leser om sy of haar eie posisie aangaande Jesus se opstanding te heroorweeg nie, maar ook ʼn aangrypende getuienis van hoe die krag van God, wat Jesus uit die graf opgewek het, vandag nog met ons is om hoop, vergifnis en versoening te bewerk.
Die boek is egter beslis ook kontroversieel, omdat dit moontlik opspraakwekkende getuienis wat tydens die onderskeie verhore na vore gekom het, bespreek. Hierdie is ʼn moet lees boek vir almal wat wonder en worstel oor Jesus en gelowiges se opstanding, en ook vir diegene wat meer wil weet oor wat presies in Afrikaanse teologiese opleiding gebeur het tussen 2000-2006 wat betref die opstanding van Jesus.

UITNODIGING AAN ONGELOWIGES
* Hierdie webtuiste is hoofsaaklik gemik op Christene wat weeskinders en weduwees versorg, straatkinders en siekes bystaan, en sondaars oproep tot bekering omdat Jesus Christus aan die kruis gesterf het vir hulle sonde, en die misterie van die onoorkomlike dood vernietig het. Dat gelowiges met liefde en respek moet optree teenoor hulle buite die kerk is 'n gegewe. Kyk by die In die Nuus afdeling byvoorbeeld na Ferdie se artikel 'n Ander Brief aan die Kerkdeur waar hy in dialoog probeer gaan met 'n ongelowige.
KRY OPGESTAAN MAKLIK BY ...
www.grafittiboeke.co.za BESTEL AANLYN - afgelewer by jou huis! (012) 5482356
http://www.pna.co.za/storelocator.asp (011) 6724391
http://www.wordsworth.co.za/contact (021) 852 5516
http://www.proteaboekhuis.co.za (021) 8829100
http://www.augustine.co.za/home.php (012) 9934606
http://www.pna.co.za/storelocator.asp (011) 6724391
http://www.wordsworth.co.za/contact (021) 852 5516
http://www.proteaboekhuis.co.za (021) 8829100
http://www.augustine.co.za/home.php (012) 9934606